"Star Wars" in 3D net meer van dieselfde

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Ewan McGregor en Liam Neeson is te sien in Star Wars Episode 1: The Phantom Menace, wat nou in 3D wys.

Star Wars Episode 1: The Phantom Menace in 3D
Wetenskapfiksie


Met Liam Neeson, Ewan McGregor en ander


Regie: George Lucas


In 1977 het opgewonde fliekvlooie gekry wat hulle gedink het 'n alleenstaande rolprent sou wees. Die gewildheid van Star Wars het gelei tot nog twee prente, en jare lank was dié trilogie se aansien onaantasbaar.

Toe kom die "eintlike begin", naamlik Episode 1: The Phantom Menace in 1999, en voldoen nie aan die hemelhoë verwagtinge nie.

Dit was meer gevorderd op teg- niese en tegnologiese gebied, maar sónder die destydse vonk, en mét die karakter Jar Jar Binks, wat eerder in 'n kinderprent hoort.


Eintlik is episodes een tot drie pretbederwers, want alles wat in die oorspronklike trilogie verrassings was, word stap vir stap vooruitgeloop. Nou kan The Phantom Menace in 3D besigtig word. Ons kan aanvaar die ander vyf prente sal gou genoeg ook in 3D uitgereik word. Omdat die meeste mense waarskynlik vaste opvattings oor dié flieks het, het dit eintlik net sin om hier die 3D-aspek te resenseer.

Voeg dit waarde toe? Dalk nie genoeg nie. Hier is nou meer visuele diepte, maar aan die ander kant maak die brilletjie die doek donkerder en is die beelde minder treffend. Hoe dit ook al sy, Jar Jar Binks kan jou nou in drie dimensies óf amuseer, óf irriteer.

Ouderdomsperk: 10VG.
Tydsduur: 136 minute.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar