So lyk die skoolnuus-tuisblad.
As al wat leef en beef deesdae op die internet kuier, hoekom kan jou skoolkoerant nie ook nie?
Skoolkoerante kry op Naspers se gewilde webwerf vir aanlyn-skoolkoerante, www.skoolnuus.co.za só 'n kans en dit nog op 'n webwerf met 'n nuwe voorkomsook.
Die nuwe, moderne voorkoms gee aan skole nie net onbeperkte, gratis ruimte nie, maar skole kan ook nou advertensies in hul skoolkoerant plaas.
Volgens Sarietha Engelbrecht van Naspers wil hulle met Skoolnuus leerders aanmoedig om te lees en te skryf. "Onderwysers en skole verwelkom hierdie opwindende tegnologie en dit vul gedrukte skoolkoerante goed aan. Waar 'n koerant byvoorbeeld een keer per kwartaal gedruk word, kan leerders op hierdie platform daagliks en baie meer skryf."
Besoek www.skoolnuus.co.za vir meer inligting of gaan loer op www.skoolnuus.co.za/voorwaarts vir 'n voorbeeld. Jy kan ook e-pos stuur aan sarietha.engelbrecht@media24. com of skakel 021 468 8961.
Onthou ook dat Die Burger 'n skoolkoerantkursus aanbied om nuwe skoolkoerante te begin of nuwe redaksielede op te lei. Bel Rikus van Rooy by 021 910 6586.