Noel Gallagher klink soos Oasis sonder Liam

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Noel Gallagher's High Flying Birds

Ek lees al jare lank Britse musiektydskrifte soos Mojo, Uncut en Word met groot genot, maar kon nog nooit verstaan hoekom die andersins dodelik kritiese musiekpers op daardie Noordsee-eiland steeds bereid is om Oasis en die megalomaniese broeders Gallagher so ernstig op te neem nie.

Was dié twee bakleiende broers en hul groep se musiek ooit meer as 'n lekker dronk, turbo-aangejaagde huldeblyk aan hul groot helde, The Beatles? Liam en Noel se paadjies het nou geskei (tot die onafwendbare Oasis-reünie wanneer die geld iewers in die toekoms opraak). Liam se Beady Eye is basies Oasis sonder Noel en laasgenoemde se (in Brittanje) lang verwagte solo-album klink soos, jip, Oasis sonder Liam en die res.

Die deuntjies en ritmes is oudergewoonte aansteeklik en daar's selfs 'n paar smaakvolle jazz-elemente.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar