Nes popcorn in ’n pot

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie

Marmerprinses
Jeanette Morton


"Ek voel soms soos 'n koppelteken. 'n Koppelteken is nie belangrik nie. Mense lees bo-oor die koppelteken. Die sin gaan aan, of die koppelteken daar is of nie. Niemand sien hom eers raak nie."

Dis hoe Wilmien voel. En dis seker hoekom sy op die nuwe onderwyser by die skool, mnr. Paul le Roux, verlief raak, want hy sien haar actually raak.

Marmerprinses is Jeanette Morton se eerste boek en lees lekker en het 'n vinnige storielyn.

Dis kort hoofstukke en elkeen het 'n catchy opskrif.

'n Mens wonder heeltyd of die "voorbeeldige redakteur van die skoolkoerant" oor die tou gaan trap en 'n ding begin met haar onderwyser, wat getroud is en twee kinders het.

Wat my baie van die boek beïndruk het, is dat die skrywer nie dink tieners het die woordeskat van 'n driejarige nie.

Dis 'n boek met lyf en raak 'n hele paar issues aan, maar ek het ook met tye hardop gelag.

Die boek vat die gevoel van eerste (in dié geval verbode) liefde vas. En ek dink enigeen sal daardie gevoel van Wilmien se "hart wat soos popcorn in 'n pot spring" herken.

Die einde is dalk 'n bietjie te goed om waar te wees en die gevolge dalk min, maar dit bly 'n lekker-lees-boek.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar