Meer as bloed en binnegoed

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Die Chimera, wat die aarde inval en van die mensdom probeer ontslae raak in die PS3-speletjie Resistance 3, is nie juis oil paintings nie.

Resistance 3
PS3


Anders as ander "red die wêreld"-speletjies fokus Resistance nog altyd meer op die "mens-faktor" as op bloed en binnegoed.

In dié game gaan dit eerder oor die konteks waarbinne die karakters hulle bevind, as net oor die een gevegstoneel na die ander.

Dít is wat Resistance goed doen: Dit plaas die druk en verantwoordelikheid van leierskap onder moeilike omstandighede op jou skouers en gee jou geen ander keuse as om dit te aanvaar nie.In die derde titel in dié reeks lyk dinge nie juis goed vir die mensdom nie.

Daar is net klein groepies wat nog teen die vyandige Chimera bly staan het. Hierdie invallers uit die buitenste ruim het begin om die aarde te verander in 'n habitat wat meer geskik is vir húl spesie, 'n habitat waarin die mensdom nie sal oorleef nie. In dié game moet jou karakter 'n gevaarlike tog na New York aanpak saam met dr. Malikov, 'n man wat glo hy kan die stryd eens en vir altyd beëindig.

Resistance 3is textbook-FPS. As jy byvoorbeeld geskiet word, moet jy noodhulppakkies optel om jou lewe terug te kry. Jy dra al die wapens wat jy optel saam met jou. Van gewere wat elektrisiteit uitskiet tot dié wat regdeur mure van vyande ontslae kan raak. En jy gaan nie skuiling kry as jy nie self uit die pad kom nie.

Die Resistance 3-ervaring is meer gefokus as sy voorgangers.

As jy 'n PS3 het, is dié speletjie 'n must have.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar