Wie dink jy gaan Rockspaaider wen?
Ons weet hoe moeilik dit is om te besluit wie jy in die Rockspaaider-stryd gaan ondersteun, daarom het ons onderhoude met die top-8 gevoer sodat jy hulle beter kan leer ken.
Kliek op die band se naam om die onderhoud te sien en moet ook nie vergeet om vir jou gunsteling-band te stem nie. Jy het nog tot 25 September om 12:00 tyd om te stem. Al wat jy hoef te doen is om die band se ooreenstemmende nommer (byvoorbeeld RS5) en jou naam, van en ouderdom na 45527 te SMS.
SMS'e kos R1,50.
As jy stem, staan jy ook 'n kans om 'n awesome JIP-geskenkpak te wen.
RS1 - Mars Riot
RS2 - Sonder Spore
RS3 - Ambisie Na Mening
RS4 - Haatspraak
RS5 - Misverstand
RS6 - Anderkant die Maan
RS7 - Laaste Duplikaat
RS8 - The Sellouts