'n Toneel uit Modern Warfare.
Jy het deesdae nie meer 'n verskoning as jou Xbox 360, PS3 of selfs die Wii nog nie gekoppel is aan die aanlyn-wêreld nie.
Maatskappye soos WEB en Telkom bied deesdae pakkette wat die meeste van ons se sakke pas.
Wat is die voordeel daarvan om aan die aanlyn-speletjieswêreld gekoppel te wees?
Die antwoord is amper soos die Matrix - as jy dit nie self gesien het nie, sal jy nie glo wat jy als mis nie. Die grootste voordeel is dat jy saam met honderde mense 'n speletjieservaring kan geniet.
Baie groot titels is vandag op die aanlyn-multispeler gefokus.
Battlefield 3 en Modern Warfare 3 se enkelspeler-afdeling is maar 'n paar uur lank, as jy dus waarlik waarde vir jou R600+ wil hê, het jy geen keuse as om aanlyn verder te speel nie.
Dan is daar ook virtuele winkels, soos Xbox LIVE en PlayStation Network.
Hier is alles, van musiek tot flieks en speletjies beskikbaar.
Dit is ook die nuwe platform waar aflaaibare inhoud vir speletjies uitgereik word, waar jy demo-weergawes van komende titels kan kry en waar jy jou stelsel kan bywerk.
Beide XBL en PSN is gratis om by aan te sluit, maar as jy winskopies wil hè of in die geval van XBL aanlyn wil speel gaan jy ‘n fooi moet opdok. Om geld vir beide netwerke te kry is deesdae ook makliker as ooit met websites soos www.MSPoints.co.za en www.Takealot.com wat dit beide vir jou virtuele geld kopons vir jou dadelik sal kan gee. Koepons kan is ook plaaslik beskikbaar by winkels soos BT Games en Incredible Connection.
So jy het redelike vinnige internet, ten minste ‘n 1 Megabits/sekonde lyn word aanbeveel, en jy het ‘n PS3, Xbox 360 of Wii, jyt jou internet kabel aan jou sisteem gekoppel maar nou jy is nie seker hoe om aanlyn te kom nie.
Wel, ons is hier om te help:
Xbox 360
|
1. Gaan na ‘My Xbox’ en kies ‘System Setting’
2. Kies die ‘Network Setting’ opsie
3. Kies ‘Wired Network’ wanneer jy gevra word
4. Kies “Test Xbox Live Connection’
5. Sê ‘YES’ as jy gevra word om jou Xbox op te dateer.
|
PS3
|
1. Gaan na ‘Settings’ in jou ‘Home Menu’ en kies ‘Netword Setting’
2. Kies ‘Internet Connection’ en verander die opsie na ‘Enabled’
3. Gaan dan een af na ‘Internet Connection Settings’
4. Sê ‘YES’ as jy gevra word of jy wil voortgaan
5. Kies ‘Easy’ as jy gerva word watter metode jy wil volg
6. ‘n Lys van ‘Settings’ sal verskyn, druk die X knoppie om voort te gaan en op die volgende skerm druk weer die X knoppie en jou konneksie sal getoets word.
|
Wii
|
Vir die Wii gaan jy ‘n Wireless konneksie benodig.
1. Op jou Wii-mote, druk die Wii knoppie
2. Gaan na ‘Wii Settings’ en kies die ‘Wii System Settings’ menu
3. Beweeg oor na die 2de bladsy en kies ‘Internet’
4. Kies ‘Connetion 1’
5. Kies ‘Wireless Connection’ en soek dan vir beskikbare ‘Access Points’
6. Kies ‘OK’ en die Wii sal vir jou all die beskikbare ‘Access Points’ wys.
7. Kies jou tuis netwer en druk ‘OK’, ‘Save Settings’ en dan ‘YES’.
|