Hot Chip - One Life Stand

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Hot Chip - One Life Stand

Vra jy dalk wie is Hot Chip?

Wel, dié album is hierdie groep Britse ouens se vierde studio-album. Die musiek is beslis anders - en is soortgelyk aan die musiek van groepe soos Goldfrapp en LaRoux. Dis elektronies, poppy, met ietsie wat 'n bietjie old school is.

As jy nie voorheen die band geken het nie, sal dit dalk 'n paar keer se luister kos om heeltemal vertroud te raak met sy klank, maar as dit eers houvas gekry het, los dit nie sommer nie.

Uitstaansnitte op die album sluit in "Hand Me Down Your Love", "One Life Stand", "Take It In" en "Alley Cats".
Hierdie is beslis vir fans van dié spesifieke musiekgenre. Check die band hier uit.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar