Daar is nog vyf weke oor voor JIP en MK Rockspaaider se groot eindronde.
Moenie vergeet om hierdie week na JIP en MK Rockspaaider te kyk nie.
Die tweede gedeelte van die toer in Bloemfontein, Potchefstroom en Centurion word uitgesaai.
Tydens hierdie program is die skrif op die muur vir een band wat gaan uitval, terwyl die ander twee bands nog 'n kans het.
Die bands Countdown to the Red Carpet, Alleen na Desember en Skadu van Sekerheid spook dinge uit.
Tydens hierdie program sal jy die beoordeelaars se kommentaar en do's en don'ts kan hoor.
Dis die laaste keer wat die beoordeelaars se mening tel, want later gaan dit die fans se beurt wees om hul gunsteling-muso's te kies.
- Kyk hierdie Woensdag om 20:30 na Rockspaaider op MK.