Die Rockspaaider clash

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie

Na meer as vier maande van dedication, harde rock-klanke, bootcamp en toer, is dit JIP en MK Rockspaaider se live finaal Woensdag om 20:30 op MK. Marzahn Botha, 'n beoordeelaar, het gaan uitvind hoe groot die muso's van Alleen na Desmeber en Countdown to the Red Carpet se wen-aptyd werklik is.

Alleen na Desember
Stuur Rock 1 na 0 33690

Francois de Klerk, die lead guitarist van Alleen na Desember, het die vrae beantwoord:

Wat sê julle vir die fans?
"As jy wonder vir wie om te vote gaan op Facebook en luister na ons songs . . . ek is seker dit sal baie mense oortuig. Ons sal elke liewe vote waardeer as dit vir ons is. Ook baie dankie aan almal wat ons so baie ondersteun en op Facebook boodskappe stuur en vir al die high-5's van julle."

Hoekom dink julle jul moet wen?
"Alleen na Desember is nou eers vir ses maande 'n band. Ek dink die vordering wat ons alreeds gemaak het in so kort tyd was regtig baie. Ons werk regtig hard en ons is iets vars. As jy hou van dans (of nie) - vote dan vir ons.



alleen na desember


Countdown to the Red Carpet
Stuur "Rock 2" na 0 33690

Réno Crouse, hoofkitaarspeler van Countdown to the Red Carpet sê die volgende:

 "So ons is hier en het hard gewerk en gesweet om hier te kom. Ons doen alles wat ons kan en gee als wat ons het op stage om vir julle goeie entertainment te bring. Nou is dit die fans se kans om vir ons te wys hoe julle ons musiek waardeer.

"Vote vir ons music video. As julle genoeg vote, sal julle verseker meer en meer van ons sien op stage regoor die land, asook op MK. So VET asseblief . . . vote vir ons.


countdown to the red carpet


Lees Maandag JIP om te hoor wat die ander band members dink. Moet dit nie misloop nie!

Stem só
Fans kan nog tot Dinsdag 8 Desember om 12:00 vir hul gunsteling-muso's stem. Stem via MXit of gaan kyk op www.mktv.co.za.

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Nico Minnaar
    7 months ago
    dag... waar gaan die finaal gehou word en wat moet gedoen word om in die gehoor te kan wees? waar kan ons kaartjies purchase?
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar