Oor ons

JIP is die enigste weeklikse koerant vir tieners in Suid-Afrika en word op Maandae deur Die Burger en Beeld gepubliseer.

JIP is ook die enigste Afrikaanse tienerkoerant met ’n webwerf wat tieners daagliks op hoogte hou van alles wat hulle moet weet.

Ons is ook op Facebook (www.facebook.com/Jip) en op Twitter (www.twitter.com/JIPcoza) en spog met ons eie YouTube-kanaal, JIPcoza. Jy kan ons ook volg op Pinterest by JIPcoza.

JIP streef daarna om ’n spreekbuis vir jongmense te wees én ’n platform te bied waar jongmense hulle stemme kan laat hoor.