HOËRSKOOL-DRAMAFEES BINNEKORT OP DIE PLANKE Rozanne Els
2012-08-06 01:00

Twee leerders van die Sekondêre Skool Matthew Goniwe hou hul lyf akteur tydens ’n repetisie van hul produksie.

Die 16 finaliste vir die Hoërskooldramafees gaan binnekort wys wie dalk eendag met ’n Oscar-beeldjie gaan spog.

Sowat 70 skole in die Wes-Kaap het meegeding vir ’n plek in die eindronde.

Volgens Marlene le Roux van Kunstekaap, wat die kompetisie organiseer, is dié dramafees ’n katalisator vir jong mense om hulself kreatief uit te druk in die manier hoe hulle Suid-Afrika sien en ervaar.

“Dié projek se doel is om die sienings en houdings wat ons van mekaar het, te hervorm,” sê sy.

Die 16 finaliste sal van 13 tot 16 Augustus aan die fees in die Kunstekaap deelneem, terwyl die wenners op 18 Augustus aangekondig sal word.

Vanjaar se tema is “Lewenswaardes” en die beoordelaars is Stian Bam, Francois Toerien, Sticks Mdidimba en Peter Butler.

Die finaliste is die Hoërskool Alexander Sinton, die Sekondêre Skool Matthew Goniwe, Future Line Arts Academy, die Kwela-gemeenskaps- organisasie, die Hoërskool Masibambasane, Bloekombos Sekondêre Skool, Ihlumelo Senior Sekondêre Skool, Schoonspruit Sekondêr, Weltevrede Sekondêre Skool, die Hoërskool Muizenberg, die Hoërskool Eersterivier, die Hoërskool Breërivier, Zisukhanyo Sekondêre Skool en Worcester Sekondêr en Masibambane Sekondêre Skool (twee inskrywings).

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R40 stuk.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur