AKSIEBELAAIDE LEESSTOF Ingrid Heÿdenrÿch
2013-02-26 01:00

Aksiebelaaide leesstof

 

Tomorrow, When the War Began, uit die Tomorrow-reeks

John Marsden

 

Ingrid Heÿdenrÿch, JJ

 

Wanneer sewe tieners vir ’n paar dae in ’n afgeleë kloof  gaan kamp, het hulle nie ’n idee hulle lewe gaan verander sodra hulle terugkeer nie.

Hulle land is binnegedring deur ’n vyandige weermag en Ellie en haar vriende moet binne ’n oogwink van rustige kampvuurliedjiesangers,  in koelbloedige moordenaars verander.

John Marsden se boek, Tomorrow When The War Began is een van daardie boeke wat jou nog lank sal laat dink nadat jy dit klaargeleeshet. Die storielyn vloei baie eenvoudig en maklik en dit was ’n plesier om sy eenvoudige, maar interessante skryfstyl te lees.

Die boek is op so ’n manier geskryf dat jy maklik kan byhou met die karakters, al voel dit asof jy op elke bladsy ‘n nuwe een leer ken.

Die karakters se emosies maak dit ook maklik om empatie te hê met hulle. Marsden se boek laat ’n mens nogal dink aan The Hunger Games, al is dit al in 1993 geskryf. Die boek is egter onlangs heruitgegee (seker te danke aan die gelyknamige fliek).

Moenie dink die storie is outyds omdat dit vir die eerste keer gepubliseer is in 1993 nie. Die omstandighede wat in die verhaal geskep word, maak dit tydloos.

Die trant van die boek is baie ernstig en somber, maar die karakters se streke laat jou elke paar bladsye ’n giggellag gee.

 

Tomorrow, When the War Began  is die eerste boek in die Tomorrow-reeks. Moenie hierdie boek begin lees as jy nie van plan is om die ander in die reeks ook te lees nie, omdat jy aan die einde van die boek baie meer vrae hê as antwoorde.

 

Soos talle ander tiener verhale het Marsden se boek ook hope romanse in, sodat daar nie nét gefokus word op die stryd om te oorleef nie.

 

Marsden se boek is ’n baie lekker stukkie leesstof wat jou ’n waardering sal gee vir die lewe wat jy nou het.

Dis ’n moet lees as jy van aksie-belaaide verhale hou.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur