LARRIE VALENTYNSDANS Annemie Nieuwoudt
2013-02-26 01:00

Larrie Valentynsdans

Na al die geswoeg en sweet, asook baie stres, was daar uiteindelik ’n fantasmagoriese aand waarna uitgesien kon word. Die Larriemeisies het definitief hierdie jaar groot gegaan met hul Valentynsdans.

Al die dekor was handgemaak, en die hele idee van hartjies en soentjies is eers opsy gesit. Lippe, snorre en vlaggies was hierdie jaar in. Die gewone Valentynskleure, rooi en wit, is egter steeds gebruik om die saal te versier. Vir hoofgereg het die Larries en hul ‘dates’ aan ‘wraps’ of toevoupakkies met skyfies gesmul en nagereg was ‘brownies’ en hartjievormige roomys.

Die graad elfs en matrieks het hulself gate uit geniet. Daar was musiek na almal se smaak, die atmosfeer was fantasties en die manne perfekte here. Hierdie dans het Valentynsdag 2013 ekstra spesiaal gemaak vir die Hoër Meisieskool La Rochelle.
 
Kyk na die foto's van die Larrie-dans op die fotogalleryblad hier onder.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur