SENTRAAL 2E IN NWU PUKKE-BYEENKOMS ...
2013-02-26 01:00

Ruan Brits

Sentraal 2e in NWU Pukke-byeenkoms


Die Hoërskool Sentraal  het vir die sesde agtereenvolgende jaar aan die  gewilde NWU (Pukke) Top 20 Atletiekbyeenkoms byeenkoms deelgeneem, wat op 15 Februarie plaasgevind het. Die skool het, nes verlede jaar, tweede gekom in die kompetisie.

Ruan Brits was die atleet met die hoogste punt by die byeenkoms vir sy eerste plek in die gewigstoot vir seuns o.17, met ’n afstand van 19,57m vir (1004 punte).

Dit verbeter sy byeenkomsrekord van 17,72m wat hy in 2012 opgestel het. Dit is ook ’n skoolrekord. Hy is met R400 en ’n trofee beloon vir sy poging.

Hy is ook as die beste veldatleet aangewys met Thomas du Toit in die tweede en derde plek onderskeidelik vir sy afstande in die gewigstoot o.19 en diskusgooi o.19.

Behalwe vir Ruan se gewigstootrekord is nog twee skoolrekords verbeter.

Met ’n eerste plek in die gewigstoot vir seuns o.19, het die spankaptein Thomas du Toit sy vorige beste afstand van 14,48m na 16,00m (909punte) verbeter. Die vorige skoolrekord was 14,80m.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur