FPK ROCK 10 JAAR LATER Mart-Marié van den Berg
2013-02-26 01:00
Freak on a Leash

FPK Rock 10 jaar later

FPK se “En Nou’s Dit 10 Jaar Later” Toer skop hierdie week af.

'n Dekade gelede (Maart 2003), het die legendariese 5-stuk Rock groep van Bellville klassieke kultus liedjies soos Hemel op die Platteland en Fokofpolisiekar uit hul pen laat vloei.  Fokofpolisiekar  het die aansig van die plaaslike musiek bedryf verander met hul eerste musikale bydrae, As jy met Vuur speel sal jy Brand.  

Met hul nuwe toer sal Fokofpolisiekar  'n akoestiese vertoning lewer gevolg deur 'n hoë volume rock stel. Die vertoning duur 120 minute en kan nie misgeloop word nie.

Jippers se vrae is aan Fokofpolisiekar gestuur en Wynand Myburgh het die vrae geantwoord:

Annica Verina van Greunen: HOE het julle op julle naam besluit... Nie hoekom nie, HOE. Het julle gesit? Gebrainstrom? In 'n pub gewees? HOE?
Wynand en Francois het uit hulle ‘’flat blok’’ in hulle Toyota Venture weg getrek en ’n ‘’sedan’’ het voor hulle ingery. Francois se verbale reaksie was: ‘’Fokoffamiliemotor!!’’.
Wynand se onmiddelike reaksie was: ‘’Dit is ’n ‘great’ naam vir ons band!!’’
Hunter was van die moontlike naam ingelig en later het hy ‘accidentally’ genoem: “Wat is ons band naam nou weer? Fokofpolisiekar?’’
Dit was briljant en baie beter as Fokoffamiliemotor.

Dylan Dicks: Ek wonder hoekom julle so awesome is?
Dit is die krag van 5. Dit is die ‘’spirit of fokof’’

Jana Schreuder: Wat was een van hulle awesomeste shows? En hoekom ?
2005 Oppikoppi was ’n baie spesiaale een vir ons. Ons het ’n paar maande vroeër Monoloog In Stereo uitgebring en het twee shows daai dag gespeel. ’n Acoustic show by die ’dance stage’ en ’n ‘headliner slot’ op die main stage die aand. Die ondersteuning vir die acoustic show was ongelooflik en het ’n president vir die aand se show geskep. Ek dink dit was een van ons beste optredes ooit. Dan ook Tuks Jool in Feb 2005. Dit was die eerste keer dat die crowd die barriers by ons show gebreek het. Halfpad deur die show was die stage vol ‘’bouncers’’.

Anke Erasmus: Al wat ek wil weet is hoe voel dit om die f****n beste Suid Afrikaanse band OOIT te wees? En wanneer kom daar 'n Nuwe FPK cd uit ?
Dit is baie lekker en ’n groot eer om al vir 10jaar Fokofpolisiekar te kan wees. Ons dink natuurlik nie ons is die beste band OOIT nie, maar die feit dat jy so dink is WONDERLIK!
Ons is trots op Fokofpolisiekar en na 10 jaar neem ons onsself nie meer so ernstig op nie. Daar kan enige oomblik ’n nuwe FPK cd uitkom...

Delina Kwaaitjie Deyzel: Is julle dieselfde op shows en in die regte lewe? Almal weet julle is die beste Afrikaanse band ooit, maar is jul fake of real?
Op stage perform ons en werk. Ons geniet ons werk, maar vanaf die stage is ons soos almal anders.

Sannia Littlelionman: Is een van jul nog single ;)?
Nee. Vier is getroud en die ander een date sy girl al vir 10jr.

Ruan du Preez: Waneer kom daar nuwe treffers?
Sodra Hunter Kennedy gatvol is van pop musiek maak...
 
Corné Visser: Waar kan mens die goedkoopste Jäger shots koop? Ek's 100% seker dat as iemand weet, dit julle sal wees!
Geen idee wat ’n Jäger shot kos nie. Ons kry dit verniet.

Hanno Barnard: Wanneer kom julle weer Nelspruit toe? Want Nelspruit het lanklaas iemands goed hier gehad! FPK!!

Sodra ons moeg en oorlaai is, want Nelspruit gee rus.

WENNERS!

Die 2 gelukkige Jippers wat elkeen ’n dubbelkaartjie na ’n show van hul keuse gewen het, is:
Sannia Littlelionman en Jana Schreuder.
Baie geluk! Stuur asseblief vir JIP ’n Facebook-boodskap met jou kontakdetails sodat ons die kaartjies vir jou kan stuur.


En Nou’s Dit 10 Jaar Later Toer:

Datum: 27 Februarie 2013
Program: Fokofpolisiekar
Plek: Rio Casino, Klerksdorp
Adres: Rio Deurweg, Meiringspark, Uitbreiding 8, Klerksdorp, 2570
Kontak: +27(18)469 9116 / mdutoit@riocasino.co.za
Tyd: Deure open om 18h30 / begin 20h00
Toegang: R120 pp
Voor-verkope: 018 469 9100 / by Rio Casino self
Facebook: https://www.facebook.com/events/359292277501808/

Datum: 28 Februarie 2013
Program: Fokofpolisiekar
Plek: Barnyard Theatre, Cresta
Adres: winkel L205, Cresta Mall
Kontak: 011 478 5300 / iris@barnyardtheatres.co.za
Tyd: Deure open om 18h30 / begin 20h00
Toegang: R150 p/p
Voor-verkope: 011 478 5300 / http://www.barnyardtheatre.co.za/

Datum: 1 Maart 2013
Program: Fokofpolisiekar
Plek: Firkin Pub Centurion
Adres: hoek van Hendrik Verwoerd & Embankment Laan
Kontak: 012 663 4213
Tyd: 21:00
Toegang: R60 p/p

Datum: 6 Maart 2013
Program: Fokofpolisiekar
Plek: Neetlinghof, Stellenbosch
Adres: Neethlingshof, Polkadraai Pad
Kontak: 0218082019
Tyd: 20:30
Toegang: R60 studentekaart, R90 sonder
Voor-verkope: R60 studentekaart, R90, Computicket

Datum: 16 Maart 2013
Program: Fokofpolisiekar & aKING
Plek: Emperors Palace, Kempton Park
Adres: 64 Jones Straat, Kempton Park, Johannesburg
Kontak: Andi Shaughnessy 011 928 1901
Tyd: 19h00
Toegang: Emperors Palace webwerf http://www.emperorspalace.co.za/peermont/content/en/emperors/emperors-home of op 011 9281297/1213 - R150 algemene toegang en R220 “Golden circle” - ongereserveerde staanplek

Datum: 21 Maart 2013
Program: Fokofpolisiekar
Plek: Baryard Theatre, Parkview
Adres: Winkel F92, Parkview Shopping Sentrum, hoek van Garsfontein en Netcare Straat
Kontak: 012 368 1555 / parkview@barnyardtheatres.co.za
Tyd: Deure open 18h30 / begin 20h00
Toegang: R150 p/p
Voor-verkope: 012 368 1555

Datum: 22 Maart 2013
Program: Die Heuwels Fantasties / Van Coke Kartel / aKING / Fokofpolisiekar (Akoesties)
Plek: Standard Bank Arena
Adres: New Doornfontein, Johannesburg
Kontak: Dawie de Villiers: 0721508373
Tyd: Deure open @ 17h00. Vertoning begin @ 19h00-23h00
Toegang: “Golden Circle” R350. Sit  R250

Datum: 28 Maart 2013
Program: Fokofpolisiekar
Plek: The Assembly, Kaapstad
Adres: 61 Harrington Straat, Kaapstad
Kontak: Pierre Coetzee - info@theassembly.co.za / +27 21 465 7286
Tyd: Deure open om  21:00
Toegang: R100 p/p by die deur
Voor-verkope: R80 p/p (slegs 200 beskikbaar) vanaf http://www.webtickets.co.za
Vroeë verkope: R60 p/p (slegs 100 beskikbaar) vanaf http://www.webtickets.co.za

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur