PAUL ROOS WÉÉR BESTE TENNISSKOOL Kobus Pretorius
2013-02-25 01:00

Paul Roos se seëvierende tennisspan. Voor staan, van links, Jacobus Swanepoel (afrigter), Jan-Louis Maritz, Heinrich Badenhorst, Philip Franken en Weyers Meintjies. Agter staan, ook van links, Wayne Montgomery, Maxime de Clippel en Marcel Rossouw.

Paul Roos wéér beste tennisskool

 

STELLENBOSCH. Paul Roos Gimnasium se tennisspan het voorverlede week andermaal beklemtoon dat Stellenbosch nie net vanweë sy rugbyspelers en eikebome bekend behoort te staan nie.

Die Paul Roosers het ondanks ’n hartlike gasvryheid al hul teenstanders in die BestMed Gerrie Berner-tennistoernooi behoorlik gekarnuffel om met die louere weg te stap in hierdie jaarlikse toernooi vir die voorste tennisspelende skole in die land. Maar dit was nie sommer net ’n toernooi-oorwinning nie dit was die agtste agtereenvolgende jaar dat Paul Roos as die beste tennisskool in Suid-Afrika gekroon is!

Die mate waarin die Stellenbossers bo die ander skole in die land uittoring, blyk duidelik uit die skool se oorweldigende oorwinnings op die saamtrek.

Kearsney College (KwaZulu-Natal), St. Benedict’s College (Pretoria) en die Hoërskool Cradock is in die rondomtalie-gedeelte elk 9-0 verrinneweer, en Waterkloof (Pretoria).

St. Stithian’s College (Johannesburg) het ná nederlae van 1-8 nie veel beter gevaar teen Paul Roos nie.

Ook die Hoër Jongenskool Paarl het ook ’n skaflike toernooi agter die blad. Die Paarliete het die Hoërskool Stellenbosch 8-1 kafgeloop, 7-2 met Clifton High (Durban) klaargespeel en 5-4 afgereken met Grey Kollege (Bloemfontein) sowel as Pretoria Boys High.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) van Pretoria was met 9-0 egter te sterk vir Boishaai.

Laasgenoemde het nietemin vir die halfeindronde gekwalifiseer, maar daar sy moses teëgekom toe Paul Roos sy buurdorp-skool se manne 5-1 katswink gespeel het.

In die eindstryd het die Eikestadspan sy baasskap getoon deur Affies met 5-1 die kous oor die kop te trek.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur