Kwaggas wen met goeie atletiek
GEORGE. Die Hoërskool Outeniqua van dié dorp het verlede naweek op Kimberley die GWK-Diamantveld-Top10-atletiekbyeenkoms in die De Beers-stadion gewen. Die Kwaggas het hul titel suksesvol verdedig en met die prysgeld van R10000 weggestap.
Outeniqua het met 13061 punte gewen, gevolg deur die Hoërskool Diamantveld (12731), die Hoërskool Brackenfell (12586) en die Hoërskool Kalahari (10912).
Die beste prestasie van die dag in die meisiesafdeling is deur Jo-Ane van Dyk (o.17, Outeniqua) behaal deurdat sy die spiesgooi met ’n afstand van 48.68m gewen het.
- Die Kwaggas se atlete wat onder die top50-presteerders was, is:
Franklin Wagener (seuns o.15), 100m (10.83 sekondes); Sandra Swart (meisies o.19), hamergooi (37.03m); Timothy Prins (seuns o.19), 110m-hekkies (14.28 sekondes); Chrisam Lucas (seuns o.15), 100m (10.86 sekondes); Marnus Meiring (seuns o.17), hamergooi (48.11m); Hendry Storm (seuns o.19), hamergooi (47.10m); Zane Fourie (meisies o.17), gewigstoot (12.66m); Mariaan Barnard (meisies o.17), 5000m stap (30:30.28 minute); Cathy-Anne Morkel (meisies o.17), 100m (12.13 sekondes); Zane Fourie (meisies o.17), spiesgooi (40.92m); Jamie Hill (meisies o.15), gewigstoot (10.80m); enZane Fourie (meisies o.17), diskusgooi (32.87m).