ONTMOET JJ LYNNÉ Riëtte Grobler
2013-02-25 01:00

Ontmoet JJ Lynné

 

Lynné Schoeman is in matriek aan die Hoër Meisieskool Bloemhof.

 

My gunsteling skoolvak is definitief Frans...en dan Afrikaans.

Wat my uniek maak, is dat ek baie goed is met prank calls. Ek het nou al my Britse en Indiese aksent vervolmaak.

Die woord wat ek die meeste sê (en ek moes deur my BBM-chats gaan om te kyk) is “okay”.

Ek eet graag soesji, pizza, braaivleis en roomys. O, en ek kan nie sonder groentee klaarkom nie!

Ek hou niks van ’n fliek met ’n stomp einde nie.

Ek is bang vir Raka.

Die drie belangrikste dinge in my lewe is my geloof, my gesin en my vriende.

My familie is wonderlik. Ek ken byvoorbeeld nie baie mense wat kan spog met ’n ouma wat op 70 weer begin tennis speel het, op Facebook rondrits én haar kleinkinders toelaat om haar te leer J-board nie.

As ek eendag tot president verkies word, sal ek hopelik net een man hê!

Daar is min dinge so lekker soos om ná ’n lang jaar jou tentjie in die Cederberge te gaan opslaan en langs die glashelder watergat te ontspan nie, terwyl die Desember-son op jou neerbak.

Ek wou ’n JJ word, want ek stel werklik in wêreld- en ander gebeure belang, ek het ’n passie vir skryf, en ek het dinge om te sê en stories om te vertel.

Die een ding wat mense nie van my weet nie is dat ek in graad 3 vir die vervaardigers van 7de Laan e-pos gestuur het om te hoor of hulle nie dalk vir my ’n rol het nie.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur