JIPTIONARY* Sunél Roos
2013-02-25 01:00

JIPtionary*


Bazinga

(bywoord) Def. ’n Gewilde, sarkastiese of triomfantelike uitdrukking wat aandui dat iemand reg was oor iets, sukses behaal het of ’n goeie poets gebak het. Staan altyd alleen. Gewild gemaak deur die karakter Sheldon Cooper van The Big Bang Theory en vir die eerste keer gebruik in die laaste episode van die tweede reeks van dié sitkom. Bv.: “Jy het wéér geskrik vir my poets! Bazinga!”/ “Bazinga! Jy het dit nie sien kom nie, het jy?”

* Die JIPtionary is ’n miniwoordeboek wat deur die JJ’s, dié week Sunél Roos saamgestel word om jou te help sin maak van tienertaal.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur