Tatoes: Ja of Nee?
Ons het Jippers gevra of hulle ooit ’n tatoeëermerk sou kry, en as hulle sou, wat?
Enrico Coleman: “Ja, wil een kry wat sê: never give up.”
Marni Malan: “Ek het een op my voet. :) Wil nog kry. Ek het ’n tribal wave.”
Mardilise Burger: “Ek wil op my voet een hê, teen die kant, wat sê: walk by faith.”
Charl Mattig: “Bicep, waar niemand kan sien nie. Phillippians 4:13 of Ephesians 4:26.”
Elize van der Merwe: “Tattoos is hot!!!”
Tobie Hanekom: “Tattoos go deeper than just skin deep. Ek’t my pa se geboorte- en sterfdatum op my been. Ek verstaan mense sê dit lyk soms sleg, maar dis mense wat teen dit stry in ’n corporate werkomgewing. Tattoos gee jou nie ’n slegte selfbeeld nie, dit maak ook nie dat jy aandag soek nie dit wys dat jy karakter het en staan vir iets wat belang het in jou persoonlike lewe.”
Junique Rockstarr Groenewald: “Het op my pols ‘virgo’, side van hand sterre en een ‘sharks’ op my binnearm.”
Mieke Hofmeyr: “Ek dink nie ek sal ooit ’n tatoe kry nie, maar ek het niks teen mense met tattoos nie. Ek meen, kyk hoe HOT is Adam Levine en hy is soos ’n inkleurboek!!! :D”
Martiens Enslin: “Nee wat, ek is nie so mal daaroor nie, bang ek lyk soos iemand wat met ’n nat koerant geslaan is! Maar het geen probleem met mense met tattoos nie.”
Wanda Louise Coetzee: “Mense wat tattoos het, het ’n selfbeeldprobleem soek aandag.”
Sara Coetzer: “Persoonlik nie een vir ’n tattoo nie, maar ’n klein, mooi tattoo op die regte plek bly maar sexy.”