CUT THOSE STRINGS - LUCY KRUGER Ingrid Heÿdenrÿch
2013-02-21 01:00

Cut Those Strings - Lucy Kruger


Lucy Kruger het een van die mees interessante musiekstyle wat ek in ’n lang tyd gehoor het.
Haar debuutalbum, Cut Those Strings, kombineer en eksperimenteer met ’n klomp verskillende elemente om uiteindelik ’n gevoel van nostalgie by die luisteraar te skep.

Hierdie Suid-Afrikaanse kunstenaar het ’n titseltjie Ierse-invloed in haar musiek. Sy gebruik alternatiewe instrumente ook, soos ‘n didgeridoo. (’n Australiese-instrument wat van hout gemaak is).

 

Hoewel die liedjies op die CD baie interessant is, stel ek voor dat jy nie alles op een slag luister nie. Die liedjies het ’n manier om bymekaar in te pas, sodat jy later nie meer kan agterkom wat die verskil tussen hulle is nie. Die CD het ook baie vinnig baie eentonig geword.

 

Cut Those Strings is perfek om in die agtergrond te speel as jy werk, of met jou vriende kuier. Dis nie te hard nie, maar ook nie heeltemal vervelig nie.

Moet egter nie Kruger se CD koop as jy hoop om nuwe liedjies te ontdek wat jou vriendekring gaan bendruk of as jy iets soek wat jou sal wil laat dans en saamsing nie.

Van my persoonlike gunstelinge op die album was ‘Little Puppet’ en ‘Heart of Stone’, omdat dit die enigste liedjies was wat regtig uitgestaan het.

 

Kruger sê self dat sy nie liedjies skryf om mense te beïndruk nie, maar eerder omdat sy lief is vir kitaar speel en sing.

 

Maar daar is geen twyfel daarin dat sy talentvol is nie. Ek sal definitief op die uitkyk wees vir haar musiek in die toekoms.

Koop Cut Those Strings as jy hou van indie musiek wat jou rustig laat voel.

Lucy Kruger se website: www.lucykruger.com

 

 

- Ingrid Heÿdenrÿch, JJ

 

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur