JEUG ‘HET REG OP ’N MENING’ James de Villiers
2013-02-04 01:00

Kelly Baloyi lewer haar toespraak oor die drome van Suid-Afrikaanse jongmense.

Jeug ‘het reg op ’n mening’

 

Die “Jy kan help”-advertensieveldtog van First National Bank (FNB) het opslae gemaak.

FNB wil met dié veldtog Suid-Afrikaners se sosiale bewussyn aanwakker en wys wat gedoen kan word as almal saambou aan die land.

Die toespraak van Kelly Baloyi (17), ’n leerling van die Naledi Secondary School in Soweto, wat regstreeks uitgesaai is, het die ANC die josie in gemaak, maar baie Suid-Afrikaners laat juig.

In die toespraak spreek Kelly die Suid-Afrikaanse jeug se droom uit dat daar ’n dag sal kom waarop korrupsie, wantroue en woede in Suid-Afrika iets van die verlede sal wees.

Die ANC het dit as ’n aanval op die regering beskou en gesê dat woorde geplaas is in die mond van die jong mense wat by die veldtog betrokke was.

FNB het toe die advertensies se televisie-uitsending gestaak en die ANC daarvoor verskoning gevra.

Die bank het later in ’n verklaring gesê die advertensies is onttrek om die betrokke tieners te beskerm.

HDI Youth Marketeers het vir die veldtog navorsing onder 1300 skoolkinders in die Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal gedoen om vas te stel wat Suid-Afrikaanse jongmense se drome vir die land is. Uit dié groep was 70% positief oor die toekoms.

Die veldtog, met die advertensie van Kelly se toespraak, kan steeds by www.youcanhelp.co.za, gesien word.

Op hierdie webwerf verskyn ook wenke oor hoe ’n mens daagliks in die land ’n verskil kan maak.

@JIPcoza het op Twitter dié mense se mening oor die veldtog gevra.

- “Ek glo die jongmense het elke reg om hul mening te lug in die FNB-advertensies. Die jeug maak immers 70% van die bevolking uit. Dit is waansin om nie hul stemme in te sluit nie!” Mbali Ntuli, DA-jeug-voorsitter(@mbalimcdust)

“Dit is nie die moeite werd om aandag te gee aan die kleinighede rondom die advertensie nie. Kom ons wees groter as dit en ignoreer die politici se negatiewe uitkyk op ’n bemarkingsveldtog.” Fred den Hartog, Die Heuwels Fantasties (@fred_den_hartog)

- “Om jou mening te gee is ’n basiese reg wat vasgemaak is in ons Grondwet. Dus gaan dit oor of die jeug se menings gehoor sal word as hulle sê wat ons nie wil hoor nie.’’ Hennie van Halen, aKing (@hennievanhalen)

V‘Die jeug moet definitief ’n mening lug oor die saak; ons is immers die toekoms van die land.’’ Sunél Roos, JIP-joernalis (@suneliii)

Ekstra bronne: www.beeld.com; www.livemag.co.za; www.news24.com

Saamgestel deur James de Villiers, @pejames

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur