ANYA BYT VAS EN WEN GOUD Sharlene Sharim
2013-02-04 01:00

Anya byt vas en wen goud
Om 17 km ver te roei, ’n verdere 5 km met dié kano te hardloop en goud te wen, wil gedoen wees. Maar om daarna ook aan ’n snelroei-byeenkoms deel te neem én weer te wen, is indrukwekkend.
Anya Botes, ’n gr. 9-leerder van die Hoërskool Centurion, het presies dít verlede naweek op die Gautengse skole-ligabyeenkoms by die Homesteaddam reggekry. Sy het goud in die Ekurhuleni Challenge verower en is daarna as o.16-kategoriewenner in die snelroeinommers (500m, 1000m en 2000m) aangewys.
KOMMENTAAR.
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur
wayne taylor
2013-02-04 21:05
WoW !!! Congrats Anja !! You have the speed of Your brother » And » the Heart of Your Dad :-) All that = CHAMP !!
Well Done !