NEEM BETER FOTO'S: LAAT DIE LIG VIR JOU WERK Christine Meintjes
2013-02-01 01:00
Foto van Christine: Nadia Meli

Neem beter foto's: Laat die lig vir jou werk


Die fotograaf Christine Meintjes weet hoe om ’n oomblik perfek op kamera vas te vang en vertel met al haar foto's ’n storie. Sy is ook betrokke by die gewilde www.theprettyblog.com én was een van die stigterslede van KIKI (www.kiki.co.za), waar fotograwe en dié wat droom daarvan om fotograwe te word, mekaar ondersteun en by mekaar leer

In haar eerste rubriek vir JIP gee Christine ’n paar wenke om goeie foto's te neem. Een van die belangrikste dinge om te onthou wanneer jy foto's neem, is dat die hoeveelheid lig en die bron van lig wat beskikbaar is in die kamer of area waar jy foto's neem gaan bepaal hoe die foto's uitkom.


***

Te veel lig, sal die foto oorbelig en baie van die detail bederf, deur dit uit te blaas. Te min lig sal die foto te donker maak en sal ook die foto laat 'blur', omdat daar nie genoeg lig beskikbaar is om die foto vas te vang nie.


Wanneer jy 'n foto neem, is daar 'n paar basiese goed wat jy kan doen om jou kiekies te verbeter:


1. Wanneer jy in 'n vertrek fotos neem, probeer om so veel moontlike natuurlike lig te gebuik. Maak die gordyne oop en bring die onderwerp so naby as moontlik aan 'n venster, skuifdeur of lig (in donkerder situasies).


2. Maak seker dat die ligbron (venster, son, lig) op die voorwerp val en dat jy (die fotograaf) met jou rug na die ligbron toe staan. As jy dit in die teenoorgestelde rigting doen, waar jy in die lig in neem, sal die voorwerp baie donker verskyn en kan dit 'n siluette vorm.


3. Sagte lig maak altyd 'n mooi foto, want daar sal nie baie harde skaduwees nie. Wanneer jy 'n mooi sagte portret wil neem, soek 'n hoekie om die huis of gebou, waar daar skaduwee is. Binne in die huis, mag die skadu area dalk te donker wees en mag die foto dalk 'blur'. Maar buite, deur die dag, behoort daar genoeg lig te wees.


4. Natuurlike reflektors kan ook gebuik word om die lig te bons op die voorwerp. Direkte lig (soos die son of ’n lamp) is altyd baie hard, maar as dit gebons word, is dit sagter en meer eweredig versprei. As jy 'n wit muur agter jou het en die persoon na die wit muur laat kyk, kan dit moontlik dien as 'n sagte ligbron. As die son direk op die muur val, sal die lig baie skerp wees, vra die persoon om dan ‘n paar meter terug te staan, afstand sal die lig versag.


***

Onthou altyd dat fotografie 'n kuns is, alhoewel daar baie wenke is vir mooi foto's, is daar nie werklik 'n reg of verkeerd nie. ’n Mens leer die meeste wanneer jy eksperimenteer met verkillende ligbronne en komposisite. Neem soveel foto's as wat jy kan en leer daardeur om die eindproduk te vergelyk en te besluit waarvan jy hou.

Lees meer:

www.facebook.com/christinemeintjes

www.christinemeintjes.me

www.christinemeintjes.co.za

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur