KAAPSTAD. Paarl Gimnasium het die beste gevaar van die spanne wat die afgelope skoolvakansie aan ’n Kaapse skolekrieketfees vir o.19-spanne deelgeneem het.
Die Gimmies het afgereken met SACS en die Hoërskool Noord-Kaap (Kimberley) en het afgesien van ’n onbesliste uitslag teen St John’s College (Johannesburg) net teen Westville (Durban) vasgeval.
Die beskikbare uitslae van die saamtrek is:
SACS klop HJS Paarl met 7 paaltjies: HJSP 173/7 (Coenie Nel 75). SACS 174/3 (Keagan Wheeler 80*, Kieran Dayaram 77*).
St John’s klop HJS Paarl met 9 paaltjies: HJSP 83. ST JOHN’S 84/1.
Paarl Gim klop SACS met 3 paaltjies: SACS 99 (Jan-Hendrik Swiegers 3/17). PAARL GIM 100/7.
Paarl Gim klop Noord-Kaap met 7 paaltjies: NOORD-KAAP 115 (RP Burger 4/12). PAARL GIM 116/3 (Johan Kemp 42, Willie Small 35).
HJS Paarl klop Westville met 3 paaltjies: WESTVILLE 112 (Warren Stoman 3/21, Abrie du Plessis 3/23). HJSP 113/7 (Marcke Cilliers 79).
Paarl Gim en St John’s onbeslis: ST JOHN’S 225 (Taigh Schoor 4/64, Christo Strydom 3/28). PAARL GIM 173/7 (Wian van Zyl 62*).
HJS Paarl klop Paul Roos met 7 paaltjies: PRG 194/9 (Abrie du Plessis 4/28). HJSP 195/3 (Marcke Cilliers 98, Werner van der Merwe 66).
SACS en St John’s onbeslis: ST JOHN’S 228. SACS 189/7 (Dawood Christians 57*)
Westville klop Paarl Gim met 4 paaltjies: PAARL GIM 95/9 (Hannes Venter 62). WESTVILLE 96/6.
SACS klop Noord-Kaap met 6 paaltjies: NOORD-KAAP 111/6. SACS 114/4 (Dawood Christians 51*, Richard van Gysen 40). Sarel Burger