JOUBERT SE HONDERDTAL LEI TOT OORWINNING VIR D.F.... Kobus Pretorius
2013-01-28 01:00

KAAPSTAD. ’n Honderdtal deur Wian Joubert (105) het die o.19A-krieketspan van die HS D.F.Malan in staat gestel om die nuwe seisoen in die WP Saterdag goed te begin.

Joubert het sy span na ’n sege oor The Settlers gehelp.

Hanré Retief (6/26) het ook ’n groot aandeel gehad in D.F.Malan se oorwinning met 105 lopies.

In teenstelling met hierdie weghol-sege het twee kragmetings tandeknersend verloop. Brackenfell (179/9) het die wenlopie teen De Kuilen (178) met die voorlaaste bal in die wedstryd aangeteken terwyl Durbanville (157/9) eweneens, met net een paaltjie staande deurgeskuur het teen HS Tygerberg (153).

In die Boland het die kolfwerk van Sean de Necker (73*) vir Paul Roos Gimnasium die ding gedoen teen die Landbouskool Oakdale wat met 6 paaltjies die kous oor die kop getrek is.

Worcester Gimnasium (81) het onverwags in duie gestort teen Paarl Gim en ’n nederlaag met 8 paaltjies op die lyf geloop. Sarel Burger

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur