BOUWER LOS NIE MUSIEK Riëtte Grobler
2013-01-28 01:00
Lucky Maibi

Carien Nel en Bouwer Bosch.

Bouwer los nie musiek

 

As daar nou een plaaslike celeb is wat Jippers laat mal gaan, is dit Bouwer Bosch.

JIP het Bouwer Donderdagaand by die première van die fliek Klein Karoo in ’n winkelsentrum in Johannesburg raakgeloop en twee minute gehad om met hom te gesels.

Hy speel Brian, ’n kameraman wat aan bomskok ly (hy’s skreeusnaaks!).

Gaan jy musiek vir flieks verruil?

“Nee, die laaste ding wat ek wil wees, is ’n sanger wat ’n akteur word. Dis nie asof ek nou gaan ophou musiek maak nie. Ek sal wel kyk watter geleenthede ek kry om in flieks te speel.”

Jou aanhangers hou veral van jou omdat dit lyk asof jy baie nederig is. Hoe kry jy dit in dié bedryf reg?

“Wel, ek ís nie die beste in alles nie! En dalk verwar my fans my insecurity soms met nederigheid. Maar mense het ook die idee dat celebs cocky is, en daarom probeer ek ook anders wees. Ek hoop dit kom so oor.”

Klein Karoo is van 1 Februarie af in fliekteaters te sien. Lees gerus meer daaroor by www.kleinkaroofilm.co.za.

 

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur