23 JJ’S SE KAMP ‘INSPIREREND EN PRET’ JJ's
2013-01-28 01:00

23 JJ’s se kamp ‘inspirerend en pret
“’n Kamp wat jong mense motiveer om hul bes te doen.”
Dís hoe Chris Loots, die assistentbestuurder van Camp Discovery, dié nuwerwetse veldskool net buite Pretoria beskryf.
Hier paradeer poue tydens etenstye tussen die tafels, bied bekendes soos die voormalige Springbok-rugbyafrigter Peter de Villiers in vakansietye afrigting aan; het rugbysterre soos Morné Steyn en Francois Hougaard al oefenkampe bygewoon en tree ’n Villa Rosa-akteur, Stefan Vermaak, dikwels as kampleier op.
Dit was ook voorverlede naweek die bestemming van die eerste kamp vir JIP-joernaliste, of JJ’s, wat nog ooit gehou is en waar dié groep van 23 tieners van oor die hele Suid-Afrika heen mekaar beter kon leer ken.
Die fasiliteite by die kamp en veral die ruim konferensielokale, het die regte atmosfeer gebied om die JJ's se naweek ? sukses te maak.
Behalwe vir die harde werk wat die JJ’s by die kamp gedoen het, soos ’n dinkskrum of twee en opleiding oor hoe om te skryf, kon hulle behoorlik uitspan in die mooi Bosveldomgewing.
En al het dit gesousreën, het die JJ’s nie gewag om in die tamaai swembad te spring nie.
Charmaine Sekhaolela, een van die kampleiers wat na die JJ’s omgesien het, beskryf die atmosfeer by Camp Discovery nie verniet as “inspirerend en pret” nie.
Buiten vir die groot swembad, is daar ook 'n hindernisbaan, boogskiet en talle ander aktiwiteite by die kamp.
* Meer oor die JJ-kamp: www.jip.co.za.
* Meer oor Camp Discovery: www.campdiscovery.co.za.
- * Ingrid Hedenrch, Nina Fouche, Riani Kreuiter, James de Villiers, Arisa Janse van Rensburg, Zahn-Marie Terblanche, Sunél Roos en Annemie Nieuwoudt (JJ’s)

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur