‘NINJA TURTLES’ OP PAD NA SILWERDOEK Beeld
2013-01-22 01:00

‘Ninja Turtles’ op pad na silwerdoek

Die destydse TV-kinderprogram Teenage Mutant Ninja Turtles is volgende jaar deel van die fliekkringloop. Volgens nextmovie.com gaan werk aan die fliek reeds in April vanjaar in New York begin.

Ingeligtes het vroeër gemeen dat planne vir dié fliek van die baan is nadat dele van die draaiboek uitgelek het en baie sleg ontvang is. Aanhangers was veral ontsteld daaroor dat die skilpaaie in die draaiboek verander is na buiteruimtelike wesens. Sommige het selfs die voorgestelde draaiboek as “aaklig” beskryf.

Een van die skeppers van die oorspronklike karakters, Peter Laird, het aan MovieWeb gesê hy het die draaiboek onder oë gehad en is bly hy is nie by die projek betrokke nie. “Ek wil nie die min hare wat ek oor het, uittrek om dié gemors te probeer regmaak nie.”

Jonathan Liebesman (Wrath of the Titans) is die regisseur van die fliek en dit sal na verwagting in Mei 2014 uitgereik word.

 

Bron: Beeld.com

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur