JONGES VAN WP VAAR BETER TEEN EINDE VAN O.15-KRIE... Kobus Pretorius
2013-01-21 01:00
Thinkstock

Jonges van WP vaar beter teen einde van o.15-krieketweek

KAAPSTAD. Die Westelike Provinsie het hom ná ’n wankelrige begin mooi reggeruk in die nasionale o.15-krieketweek verlede maand in Durban, maar dit was ’n saamtrek waaraan die Boland en die SWD nie aangename herinneringe het nie.

Nadat die WP (168) “op die eerste beurt” deur die Vrystaat (182) geklop is, moes die Kapenaars (165) op dag twee ook met ’n onbesliste uitslag teen Gauteng (122/5) gediend wees. Kyle Verreyne (38) en Dyllan Matthews (4/47) het die beste gevaar teen die Vrystaat, waarna Verreyne ook 50 lopies teen Gauteng aangeteken het.

Hierna het dit egter strykdeur goed gegaan met die WP, begin-ende met oorwinnings in albei twintig20-wedstryde met 6paaltjies teen Namibië (105) en met 9 paaltjies teen KZN-Binneland (83). Yaasin Allie (4/7), Matthews (3/10) en Murray Commins (37*) was die uitblinkers teen Namibië, terwyl Matthews (3/9) en Verreyne (56*) die ding teen die Natallers gedoen het.

Die vierde dag se wedstryde het uitgereën, maar op dag vyf het die WP ook met 5 paaltjies oor KZN-Kus (132) geseëvier. Commins (51), Nicholas Stander (3/15) en Allie (3/20) was die wedstrydwenners.

Die Boland (90) is op dag een deur Noord-Gauteng (101) geklop, waarna ook Noordwes (119) te sterk was vir die Wynlanders (98), vir wie net Taigh Schoor (4/34) sy kant gebring het.

In die eerste twintig20-wedstryd het die Boland (119/7) met 27 lopies teen Oos-Gauteng gewen danksy veral Phillip Carstens (46) en Pieter Swart (5/20) maar die namiddagwedstryd teen KwaZulu-Natal het uitgereën

Swart (3/31) kon egter nie ’n nederlaag verhoed in die Boland (98/7) se laaste wedstryd teen Grens (113/5) nie, wat tot ’n t20-kragmeting ingekort is.

Die SWD het al vyf sy wedstryde verloor met 36 lopies teen Namibië (156), met 48 lopies teen Mpumalanga (122), met 38 lopies teen KwaZulu-Natal (109), met 9 paaltjies teen Oos-Gauteng (102/1) en 13 lopies teen die Griekwas (90). Die spelers wat die beste vertoon het, was Joshua Kleu (46*) en J.P. Duvenage (42) teen Namibië, Dawson Prins (3/14) teen Mpumalanga, Esjohnne Goliath (35) teen Oostelikes en Dylen Nuys (3/13) teen die Griekwas.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur