WP WISSELVALLIG IN KRIEKETREEKS Kobus Pretorius
2013-01-21 01:00

Daniël du Plessis

WP wisselvallig in krieketreeks

KAAPSTAD. Die WP se o.13-krieketspan het op die jonges se saamtrek verlede maand in die Paarl vier oorwinnings ná mekaar behaal, maar toe in sy laaste wedstryd teen Gauteng lelik in duie gestort.

Die Boland het wisselvallig vertoon, maar die SWD se ampsdraers sal erge besorgdheid hê oor die swak vertoning van hul span.

Nadat die WP (167) op dag een in sy (eerste) beurt teen Zimbabwe (182/6) vasgeval het, het hy met sy telling van 157/9 die Griekwas (84 en 51/5) verslaan, KZN-Binneland (60) met 67 lopies geklop, Noord-Gauteng (114/4 in 20 bbe.) met 5 paaltjies getroef en toe ook Vrystaat (165.7 in 50 bbe.) met 7 paaltjies. En toe, in sy laaste wedstryd teen Gauteng (202/6), kon hy net 75 lopies bymekaarskraap.

Die WP-spelers wat die beste vertoon het, was Boeta Chamberlain (44), Khaleel Tayob (42) en Nicko Laubscher (3/5) teen KZN-Binneland, Umar Anthony (51) teen Noordelikes, Chamberlain (101*), Richard Baikoff (35*) en Laubscher (3/29) teen Vrystaat.

Die Boland het met 6 lopies teen die OP (141) gewen, met 47 lopies teen Oos-Gauteng (101) en met 5paaltjies teen SWD (124). Maar die Wynlandstreek se 96 lopies teen Gauteng (210/4) het ’n groot pak slae tot gevolg gehad. Nederlae is ook gely met 4 paaltjies teen Noordwes (94/6) en met 5 paaltjies teen Mpumalanga (117/5).

Die Boland se staatmakers was Daniël du Plessis (70) en Le Roux Kloppers (5/20) teen die OP, Du Plessis (44) teen Noordwes en (86*) Oostelikes, Keagan Whitten (37) teen Oos-Gauteng, André Seegmuller (3/29) teen Mpumalanga, Whitten (52* en 3/8) en Kieron Dreyden (3/20) teen SWD. Du Plessis, ’n aanvangskolwer, het die meeste lopies in die toernooi aangeteken (261).

Afgesien van sy verloorslag teen Boland het die SWD in vier ander wedstryde nie die pyp gerook nie: met 5 paaltjies teen Mpumalanga (87/5), met 122 lopies teen Vrystaat (171/6), 8 paaltjies teen Oos-Gauteng (83/2) en met 40 lopies teen Limpopo (129). Die Suid-Kaaplanders se enigste sege was met 49 lopies teen KZN-Binneland (82).

Die enigste SWD-spelers wat hond haaraf kon maak, was T. Ackerman (38) teen Mpumalanga, en in die wedstryd teen KZN-Binneland S. Nvimbi (40), Ackerman (4/14) en R. Lotter (3/13).

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur