NINA FOUCHÉ IS 'N NUWE JJ Riëtte Grobler
2013-01-21 01:00

Sy is in gr.10 in die Hoër Tegniese Skool Drostdy op Worcester.

My gunsteling-skoolvak is Afrikaans.

My besonderse liefde vir lees en Afrikaans en Engels maak my uniek.

Die woord wat ek die meeste sê, is “pleonasme”!

Ek eet graag Zoo-koekies.

Ek hou niks van die geluide wat mense maak as hulle eet nie.

Ek is bang vir natuurrampe.

Drie belangrikste dinge in my lewe? My foon, rekenaar en boeke.

My familie is die mense wat my die meeste laat glimlag.

As ek eendag tot president verkies word, sal ek opvoeding gratis maak.

Daar is min dinge so lekker soos om op ’n koue dag op te krul met lekker leesstof.

Ek wou ’n JJ word, want dit bied geleenthede wat my droom om ’n joernalis te word, bevorder.

Die een ding wat mense nie van my weet nie is dat ek dit verkies om alleen te wees.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur