FRAMESBY EN AFFIES BEÏNDRUK Tanya van Zyl
2013-01-21 01:00

Stefan Tait was Framesby se beste speler van die week.

Framesby en Affies beïndruk

Die jaarlikse Bellingham- en Smith/Grey-kriekettoernooi vir hoërskole se eerste spanne het in die laaste week van die pas afgelope vakansie plaasgevind.

Dit is ’n prestige-toernooi, en van die land se topkrieketspanne het deelgeneem.

Spanne soos Affies, Framesby, Rondebosch Boys’ High, Grey Kollege van Bloemfontein, Grey van Port Elizabeth, St Charles, Woodridge, Selborne College, die Durban High School (DHS) en Glenwood was in die toernooi teenwoordig.

Van die uitstaande prestasies in die toernooi is die 262 lopies die meeste in dié toernooi wat Affies teen Selborne aangeteken het; dus Affies se wentotaal van 181 lopies teen Selborne, en St Charles se tien paaltjies, waarmee hulle ook Selborne geklop het.

Een van die hoogtepunte was beslis die wedstryd van Framesby teen Affies, wat Affies met net een lopie gewen het.

Albei spanne het voortreflike spel gelewer.

Die volledige uitslae van die toernooi is soos volg:

 

DAG 1

Grey PE 240/2 en St Charles 106. Grey wen met 134 lopies.

Selborne 98 lopies en Glenwood 102/2. Glenwood wen met agt paaltjies.

DHS 247 lopies en Woodridge 130/6. Wedstryd eindig gelykop.

Framesby 213 lopies en Affies 214/9. Affies wen met een lopie.

Rondebosch 152 en Grey College 95/7. Wedstryd eindig gelykop.

DAG 2

St Charles 149 en Rondebosch 152/2. Rondebosch wen met nege paaltjies.

Glenwood 116 en Grey PE 118/8. Grey wen met twee paaltjies.

Woodridge 171 en Grey College 172/2. Grey College wen met twee paaltjies.

Framesby 217/9 en Selborne 74. Framesby wen met 143 lopies.

DHS 185 en Affies 130/8. Wedstryd eindig gelykop.

DAG 3

Framesby 139/9 en Grey College 140/3. Grey College wen met sewe paaltjies.

Glenwood 131 en Rondebosch 132/3. Rondebosch wen met sewe paaltjies.

St Charles 162 en Woodridge 143. St Charles wen met 19 lopies.

Grey PE 158 en DHS 156. Grey PE wen met twee lopies.

Affies 262/7 en Selborne 80. Affies wen met 181 lopies.

DAG 4

Grey PE 198/8 en Affies 199/2. Affies wen met agt paaltjies.

Selborne 82 en St Charles 83. St Charles wen met tien paaltjies.

Woodridge 98 en Rondebosch 102/3. Rondebosch wen met sewe paaltjies.

Glenwood 129/6 en Framesby 126/6. Glenwood wen met drie lopies.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur