OPSTAAN: MAKLIK OF MOEILIK? Rozanne Els
2013-01-21 01:00

Opstaan: Maklik of moeilik?

Met die skool se begin moet Jippers weer soggens vroeg opstaan. Ons wou weet of julle soggens maklik uit die bed kom.

Enrico Coleman: “Het vakansiewerk gedoen, is nog gewoond aan vroeg opstaan. Nou slaap ek laat wanneer ek kan!”

Elizé Zeytjie Gouw: “Staan maklik op, is ’n boeremeisie, so elke oggend voor 6 uit die huis.”

Thinus Viljoen: “Dis lekker om vroeg op te staan, maar partykeer is ek net lui om dit te doen, met die resultaat dat ek tot eenuur toe lê.”

Marlene Jansen van Rensburg: “Haat dit om vroeg op te staan.”

Charlene Cloete: “Neeeeeee glad nie :)”

Colette Combrinck: “Hu niks daarvan nie, maar met die beste roomies in die wereld is dit makliker. :)*”

Mizan van der Merwe: “Hahaha watse vraag is dít? Het geen idee hoe ek dit ooit reggekry het om vroeg op te staan vir skool nie, haha. Een jaar op uni toe is 8uur te vroeg.”

Marette Vorster: “Ja, ja, moet darem ’n draffie ook inwerk voor skool begin!”

Charmaine Bekker du Preez: “Ai, maar jy is oulik as jy nog ’n draffie óók kan deurwerk! Eish, ek moet actually eers net try opkom!”

Hannes du Toit: “Ek staan nie in die oggend op nie.”

Elouise Ella Fourie: “Jaa.”

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur