VAN KRIEKET KAN JY ANRICH MIN VERTEL Tanya van Zyl
2013-01-14 01:00
Karen Pienaar

Anrich Nortjé oefen boulwerk in die nette.
Van krieket kan jy Anrich min vertel
Anrich Nortjé van die Hoërskool Brandwag op Uitenhage is vir die SA skole-krieketspan gekies na afloop van die Nuffield-week in Desember op Potchefstroom.
Net twee spelers van die Oostelike Provinsie is vir dié span gekies.
Anrich is ’n regshandige vinnige bouler. Hy was verlede jaar die kaptein van Brandwag se eerste krieketspan, en hy was die afgelope drie jaar ’n lid van die OP se o.18-span vir die Nuffield-week. Verlede jaar is hy aangewys as Brandwag se beste bouler en krieketspeler van die jaar.
Hy is ook ’n lid van die OP se o.19-span en van die Warriors se o.19-span. Vanjaar studeer hy aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.
KOMMENTAAR.
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur
charles adams
2013-01-14 12:52
Maak ons trots anna.....was 'n voorreg om saam met jou die band van grys en groen te verteenwoordig..........Go big or go home boytjie......
charles adams
2013-01-14 12:52
Maak ons trots anna.....was 'n voorreg om saam met jou die band van grys en groen te verteenwoordig..........Go big or go home boytjie......