Mia van Tonder is een van JIP se 2013-JJ’s. Leer ken haar gou beter:
Skool en graad:
Hoërskool Durbanville, Gr. 12.
My gunsteling vak op skool is...
Biologie
Wat maak jou uniek?
My vreemde kleur hare.
Watter woord sê jy die meeste?
“Google dit!”
Strandvakansie of bosvakansie?
Bosvakansie, ek is mal oor die natuur en om te kamp.
Ek eet graag...
Turkish Delight...hmmmm!
Ek hou niks van...
Spinnekoppe en die winter nie!
Ek is bang vir...
Spinnekoppe en hoooooooogtes.
Die drie belangrikste dinge in my lewe is...
My familie, my sport (perdry) en my oranje Revlon Chubby Stick Lipbalm.
My familie is...
Wayyy te on-the-go!!!
As ek eendag as president verkies word sal ek...
Snorre onwettig verklaar - hoe eet mens met daai goed..?
Daar is min dinge so lekker soos...
Om waatlemoenskywe te eet terwyl jy lê op ’n lilo in die swembad op ’n lekker warm somersdag.
Ek wou ’n JJ word, want...
Om te skryf oor interessante mense, dinge en plekke ‘tickle’ net my ‘fancy’!
Die een ding wat mense nie van my weet nie is...
Heimlik wens ek Adam Lambert was nie gay nie... ;)