LYNNÉ SCHOEMAN IS 'N 2013 JJ Mart-Marié van den Berg
2013-01-08 01:00

Lynné Schoeman van die Hoër Meisieskool Bloemhof is oppad na graad 12. Leer hierdie nuwe JJ beter ken:

 

My gunsteling vak op skool is...

Definitief Frans...en dan Afrikaans.

 

Wat maak jou uniek?

Ek is baie goed met prank calling. Ek het nou al my Britse- en Indiese aksente vervolmaak.

 

Watter woord sê jy die meeste?

Ek moes nou eers deur my BBM chats gaan om te kyk... En lyk my dis “okay.”

 

Strandvakansie of bosvakansie?

Strandvakansie. Ek verkies die geruis van branders bo die gezoem van muskiete.

 

Ek eet graag...

Sushi, pizza, braaivleis en roomys. O, en ek kan nie sonder green tea klaarkom nie!

 

Ek hou niks van...

’n Fliek met ’n stomp einde nie.

 

Ek is bang vir...

Raka.

 

Die drie belangrikste dinge in my lewe is...

My geloof, my gesin en my vriende.

 

My familie is...

Wonderlik. Ek ken byvoorbeeld nie baie mense wat kan spog met ‘n ouma wat op 70 weer begin tennis speel het, op Facebook rondrits én haar kleinkinders toelaat om haar te leer J-board nie.

 

As ek eendag as president verkies word sal ek...

Hopelik net een man hê!

 

Daar is min dinge so lekker soos...

Om ná ’n lang jaar jou tentjie in die Cederberge te gaan opslaan en langs die glashelder watergat te ontspan, terwyl die Desember-son op jou neerbak...

 

Ek wou ’n JJ word, want...

Ek stel werklik in wêreld- en ander gebeure belang, ek het ’n passie vir skryf, ek het dinge om te sê en stories om te vertel en ek dink JJ-wees is die ideale platform om hierdie passie uit te leef.

 

Die een ding wat mense nie van my weet nie is...

Dat ek in graad 3 vir die vervaardigers van 7de Laan ’n e-pos gestuur het om te hoor of hulle nie dalk vir my ‘n rol het nie...(ja, ek weet – ek kan self nie glo ek het dit gedoen nie en ek weet ook nie hoekom my ouers my nie gekeer het nie!).

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur