HALLO NUWE JJ: KHUTSO MATLOU. Mart-Marié van den Berg
2013-01-07 01:00

Hallo nuwe JJ: Khutso Matlou.

Interessant:  Khutso Matlou. Khutso beteken  ‘vrede’ en Matlou beteken: Van die Olifante.

Skool en graad:

Hoërskool Merensky, graad 12 in 2013- uiteindelik.

My gunsteling vak op skool is:

Engels, Afrikaans en Sepedi - in geen spesifieke volgorde nie.

Wat maak jou uniek?

Ek is tans in Brasilië, besig om Portugees te leer. Haha, wees jaloers.

Watter woord sê jy die meeste? “Ek.”

Strandvakansie of bosvakansie? Strandvakansie! Bosvakansie beteken gewoonlik “geen badkamers.” En op die strand kan my oë heerlik afdwaal...

Ek eet graag...

Melktert, koeksisters, roomys, sjokolade, kaaskoek, ROMANY CREAMS, vla...

Ek hou niks van...

Knoffel nie.

Ek is bang vir...

Spelfoute! Kiners kani speli, lmga.

Die drie belangrikste dinge in my lewe is...

Goeie vraag. Liefde, vooruitgang en die hiernamaals.

My familie is... my veiligheidshawe.

As ek eendag as president verkies word sal ek... ? bedangkingstoespraak gee. Duh.

Daar is min dinge so lekker soos...

Slaap.

Ek wou ’n JJ word, want...

Ek het ? passie vir skryf en mense en stories.

Die een ding wat mense nie van my weet nie is... dat ek hoogtevrees het. Erg. Soos in hardloop-weg-van-die-roller-coaster-af-erg!

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur