SA SE TOP-MATRIEK LAAT SELFS ’N KONING JUIG Marietie Louw-Carstens
2013-01-05 01:00
Rudzani Tshikororo

Ngoanapedi Komane is SA se beste 2012-matrikulant.

SA se top-matriek laat selfs ’n koning juig

Polokwane. – Die land se top-matriekpresteerder droom van eendag oorsee werk, maar “sal beslis terugkom Suid-Afrika toe”.

Ngoanapedi Mmadikgetho Komane (18) van die Glen Cowie Girls High School in Jane Furse in die Sekhukhune-streek was gister oorstelp deur die nuus dat sy die toppresteerder in Limpopo en die land is.

Dié slimkop het sewe A’s gekry. Sy het altesame 1 730 punte in Engels, Sepedi, lewensoriëntering, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde behaal.

Ngoanapedi het boonop die hoogste punte in Limpopo in vier vakke behaal – lewenswetenskappe, wiskunde, lewensoriëntering en fisiese wetenskappe. Wiskunde was haar gunstelingvak.

“Ek hou van wiskunde, want dit laat ’n mens logies dink.”

Sy is gister luid toegejuig deur ook ­Tony Mphephu Ramabulana, die koning van die Vendas, wat die matriekpresteerder-geleentheid hier bygewoon het.

Ngoanapedi het gesê sy het baie hard gewerk om so goed te vaar. “Ek het baie opofferings gemaak en moes op my studie konsentreer in tyd wat ek saam met vriende of my familie kon bestee.”

Sy gaan vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer.

Haar ma, Bridget, is hoof van die Ponti Secondary School in die Sekhukhune-streek. Haar pa, Thabang, werk by Ou Mutual.

“My ouers het ’n groot rol in my sukses gespeel,” het Ngoanapedi gesê.

“Hulle het altyd vir my gesê ek moet my drome najaag.”

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur