BLINDHEID KEER NIE SY 7 ONDERSKEIDINGS Beeld
2013-01-05 01:00
Alet Pretorius

Zak Claassen (18)

Blindheid keer nie sy 7 onderskeidings

Dié voordeel van blind wees is dat jy nie mense op hul voorkoms kan takseer nie.

Só het Zak Claassen van die Prinshof-skool vir gesiggestremdes in Pretoria gesê.

Zak het sewe onderskeidings: in Afrikaans, Engels, wiskunde, rekenaartoepassingstegnologie, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en lewensoriëntering gekry.

Die nadeel van blind wees is egter dat jy nie self kan bestuur nie.

“Ek is heeltyd afhanklik van ander mense,” het Zak gesê.

Volgens Zak het dit hom nog nooit gepla om blind te wees nie.

“Ek is vandat ek kan onthou blind en dit is wat ek ken.

“Ek kon toe ek jonger was ’n bietjie sien, maar my sig het al hoe swakker geword. Nou kan ek niks sien nie.”

Zak wil ’n genetikus word en gaan by Tukkies studeer, maar hy is nog nie seker oor die rigting nie nadat hy ingelig is dat dit ’n probleem kan wees omdat hy nie praktiese opdragte sal kan uitvoer nie.

Sy pa, Gert, is ’n projekbestuurder, en sy ma, Hanlie, ’n programmeerder.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur