STEPHANUS HET TOE EINTLIK 11 ONDERSKEIDINGS Marietie Louw-Carstens
2013-01-05 01:00

Stephanus Schoeman het 11 onderskeidings gekry.

Stephanus het toe eintlik 11 onderskeidings

Stephanus Schoeman, oudleerling van die Hoërskool Ellisras in Lephalale, wat eergister op Beeld se voorblad gepronk het met sy 10 onderskeidings in die matriekeindeksamen, het gehoor hy het ook eintlik 11.

Die 11de onderskeiding is in toerisme.

Hy het gesê hy het eergister ’n aparte sertifikaat vir die onderskeiding in toerisme gekry, want die departement kan hoogstens tien vakke se uitslae op ’n sertifikaat druk.

Stephanus (18) het ook onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, ingenieursgrafika en -ontwerp, fisiese wetenskappe, inligtingstegnologie, lewenswetenskappe, wiskunde vraestel 3 en musiek (klavier by Unisa.)

Hy is 18de op die lys van die 30 top­matrieks in Limpopo.

“My jaar het op ’n hoogtepunt afgeskop. My familie is in die wolke,” het hy gesê.

 Hy gaan vanjaar megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Desiree van der Walt, DA-koukusleier in Limpopo, het gesê al is die verbetering in die provinsie se matriekuitslae iets om te vier, is daar kommer omdat net sowat 15 000 van die 77 360 matriekleerlinge universiteitstoelating het.

Die Mbilwi High School in Thohoyandou is as die top-skool in Limpopo aangewys.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur