JJ: ONTMOET VIR JUDY Mart-Marié van den Berg
2013-01-04 01:00

Judy Grobler is een van JIP se JJ’s. Sy het in 2012 ook op die redaksie gedien. Leer ken vir Judy ’n bietjie beter...

 

Skool en graad:

Hoërskool Linkside, Graad 11 (2013)

 

My gunsteling vak op skool is...

Toerisme en natuurlik pouse!

 

Wat maak jou uniek?

Wat my uniek maak is dat ek nie net in een ding belangstel nie! Ek stel belang in sport, kultuur en akademie.

 

Watter woord sê jy die meeste?

Volgens my vriende lag ek meer as wat ek ’n woord sê!

 

Strandvakansie of bosvakansie?

Definitief ’n strandvakansie!

 

Ek eet graag...

‘Chicken cordon bleu’ en Bubbly sjokolade.

 

Ek hou niks van...

Tamatie en Justin Bieber nie.

 

Ek is bang vir...

Spinnekoppe en enige goggas.

 

Die drie belangrikste dinge in my lewe is...

Jesus, my selfoon en my jeuggroep.

 

My familie is...

So ’n bietjie vreemd met ’n goeie hart

 

As ek eendag as president verkies word sal ek...

Belasting verhoog om vir die land gratis mediese sorg en onderwys te bied.

 

Daar is min dinge so lekker as/soos...

Om die eerste van elke maand nuwe kontak lense in te sit en om perd te ry.

 

Ek wou ’n JJ word, want...

Dit is ’n fantastiese geleentheid om my beter te leer skryf!

 

Die een ding wat mense nie van my weet nie is...

Ek is ontsettend kompeterend!!

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur