AFRIKAANS WORD GOU SKOOLVAK IN KANADA Annelie Maré
2013-01-03 01:00

Afrikaans word gou skoolvak in Kanada

Kaapstad. – Suid-Afrikaners in Toronto, Kanada, sal binnekort vir ’n plaaslike kursus in Afrikaans kan inskryf.

Dié kursus is maar net een van vele moontlikhede in die Kingswood-voorbereidingskool, wat in 2009 deur die Suid-Afrikaanse digter Annesu de Vos gestig is.

De Vos is bekend om haar debuutbundel, Gebed van ’n groen perske, wat sy in 1980 op die ouderdom van 16 gepubliseer het.

“Ongeveer tien jaar gelede het ’n studie in Toronto geraam dat daar omtrent 103 tale in die stad gepraat word,” het sy gesê.

“Meer as 50% van Kanada het ’n ander erftaal as Engels. In Toronto is daai syfer iets soos twee derdes. As ons dan ’n onderwyser kan aanstel wat Arabiese klasse aanbied, hoekom nie ook Afrikaans nie?”

De Vos het gesê die regulasies van die Kanadese onderwysstelsel, spesifiek die provinsie Ontario s’n, is aanpasbaar genoeg om kursusse soos dié moontlik te maak.

“Solank dit aan ’n sekere peil voldoen, kan jy dalk hier matrikuleer met Afrikaans as ’n vak!”

De Vos en Pierre Guy de Marigny, mede-Suid-Afrikaner en skoolhoof by Kingswood, het al hul voelers uitgesteek om die kurrikulum vir ’n Afrikaanse kursus saam te stel. “Die kursus kan vir beginners wees én vir moedertaalsprekers wat dit nie wil verloor nie. Baie mense wat hiernatoe kom, wil nie hul erftaal verloor nie.”

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur