Hallo JJ: James de Villiers
Dis James se tweede jaar as JJ... hier's wat hy te sê het:
Skool en graad:
Hoërskool Charlie Hofmeyr, graad 11.
My gunsteling vak op skool is:
Studie, omdat ek dan allerhande buitemuurse verpligtinge soos die skoolkoerant en VCSV kan gaan reël.
Wat maak jou uniek?
Ek het ? obsessie met ons politieke sisteem wat maak dat ek soms nie kan slaap nie, omdat ek so opgewonde raak oor die positiewe moontlikhede.
Watter woord sê jy die meeste?
Helen Zille
Strandvakansie of bosvakansie?
Strandvakansie.
Ek eet graag:
Pasta, eiers en draairoomys .
Ek hou niks van:
Mense wat my land afbreek met hul optredes of mense wat negatief oor my land is nie.
Ek is bang vir:
Die uitloop van tyd – daar’s nog soveel plekke waar ek ? verskil wil maak!
Die drie belangrikste dinge in my lewe is:
God, familie en skool in daardie volgorde.
My familie is:
Almal betrokke in die landbou bedryf waarin ek nie veel belangstelling in deel nie.
As ek eendag as president verkies word sal ek die gees van Ubuntu herstel asook ? brûe-bouer tussen mense en kulture probeer wees. Daar is min dinge so lekker soos om nuwe of verskillende tipe mense te ontmoet en te leer ken.
Ek wou ’n JJ word, want:
Ek wil hoofsaaklik ? verskil maak of wees in my samelewing en om my passie vir die media uit te leef.
Die een ding wat mense nie van my weet nie:
Is dat dinge nie altyd maklik gegaan het in my lewe nie.