Hallo nuwe JJ: Isabel Theron
Skool en graad:
Hoër Meisieskool Bloemhof, Graad 11 (2013)
My gunsteling vak op skool is...
Wiskunde en wetenskap
Wat maak jou uniek?
Ek is ’n meermin “in disguise”... (haha)
Watter woord sê jy die meeste?
Awe en yeah
Strandvakansie of bosvakansie?
Junie: Bosvakansie (Ons gaan jag)
Desember: Strandvakansie (Hartenbos, waar anders?)
Ek is mal oor altwee tipes vakansies.
Ek eet graag...
Enige boerekos, slap tjips en skaaptjoppies
Ek hou niks van...
Mense wat te veel van hulself dink nie
Ek is bang vir...
Spinnekoppe
Die drie belangrikste dinge in my lewe is...
Geloof, my gesin en al my pelle
My familie is...
Een groot sepie, maar aan die einde van die dag is ons almal baie lief vir mekaar
As ek eendag as president verkies word sal ek...
Die grootste partytjie ooit hou!
Daar is min dinge so lekker as/soos...
Die absolute vryheid wat mens ervaar as jy dans
Ek wou ’n JJ word, want...
Ek is mal oor lees en skryf. Dis ’n uitdaging wat ek wil aangryp en die beste van maak. Ek sal graag eendag wetenskap en joernalistiek wil kombineer en sien hierdie as die perfekte geleentheid om ervaring op te doen
Die een ding wat mense nie van my weet nie is...
Ek kan baie goed skiet