WAT IS “MEME”? Liandri Pretorius
2013-01-01 01:00

Wat is “meme”?

 

Meme – jy sien dit op Facebook, jou vriende het dit op hul BBM-profiele en dis oral op die internet. Maar waar het dit alles begin? Hier is JIP se meme-gids vir dié wat nog wonder.

 

 “Meme” is ’n kollektiewe idee wat homself reproduseer en op ’n kulturele manier versprei word.

Die woord “Meme” is ’n verkorting van die Griekse woord “mimeme,” wat “iets wat nagemaak is” beteken. Die woord is deur die evolusionêre bioloog, Richard Dawkins, geskep en kom uit sy boek “The Selfish Gene”. In sy boek noem hy dat dinge soos melodieë en modes onder mense gereproduseer word. Dink byvoorbeeld aan oorsese modes wat gereeld hier in Suid-Afrika posvat.

Vandag, sien ons dit egter in die vorm van sogenaamde internet-meme. Mense spot dikwels met bekendes, popliedies en diere. Dit is gewoonlik ’n konsep wat blitsvinnig van persoon tot persoon versprei via die internet. Jy sal byvoorbeeld ’n meme kry in jou e-pos se inbox, op blogs en op sosiale netwerke soos Facebook en op YouTube.

Om ’n meme te verstaan, moet jy gewoonlik eers verstaan presies waarmee daar gespot word, (dit is gewoonlik baie spesifiek) anders gaan jy dit nie vang nie.

Populêre webwerwe soos 9gag.com het ’n ‘Meme Guide’, asook duisende memes waarna jy kan gaan kyk. Jy kan ook jou eie memes skep deur webtuistes soos MemeMaker.net. Jy kan ook na ander se memes gaan kyk en nuwe onderskrifte by prente voeg.

 

Cool meme webwerwe:

www.knowyourmeme.com

www.memegenerator.net

www.quickmeme.com

http://www.tumblr.com/tagged/meme

 

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur