“SEXTING” LEI MOONTLIK TOT TIENERSEKS Mart-Marié van den Berg
2012-12-31 01:00
Thinkstock

“Sexting” lei moontlik tot tienerseks

 

Om eksplisiete selfoonboodskappe en –fotos aan te stuur word ‘sexting’ genoem. Navorsing bewys dat daar ‘n duidelike skakel is tussen ‘sexting’ en seksuele gedrag.

‘n Onlangse studie deur die Centers for Disease Control and Prevention toon dat net oor die 40% van tieners met ‘n selfoon sê dat hulle al seks gehad het en slegs twee-derdes van dié tieners het ‘n kondoom gebruik.

Die sielkundiges wat die navorsing gedoen het het gevind dat meisies, spesifiek tussen 14 en 18-jaar, wat naakfotos met selfone aanstuur, meer geneig is om in vreemde seksuele aktiwiteite betrokke te raak, meer as een seksuele maat te hê en meer geneig is om alkohol en dwelms voor seks te gebruik.

“Dit lyk asof ‘sexting’ ‘n aanduiding of indikasie van eintlike seksuele gedrag is,” sê Jim Temple, ‘n sielkundige wat nou betrokke was by die navorsing. “Wat hulle in hul aanlyn en ‘af-lyn’ lewens doen is baie dieselfde.”

‘Sexting’ is nie net gevaarlik oor die seksuele gedrag wat dit ontlok nie, maar daar bestaan ook die moontlikheid dat kaal- of ander eksplisiete fotos van jou op die internet kan verskyn. Dit kan lei tot kuber-afkrakery (‘cyber-bullying’) en selfs aanklagte van kinderpornografie, indien die fotos op jou selfoon gevind word.

Die navorsing duur voort – navorsers wil nou vasstel wat eerste aan die beurt kom: seks of ‘sexting’.

 

Bronne:

www.huffingtonpost.com

Reuters

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur