IS JY ’N EMOSIONELE ETER? Liandri Pretorius
2012-12-28 01:00

Is jy ’n emosionele eter?

 

Gryp jy elke keer na ’n pak tjips of ’n ‘slab’ sjokolade wanneer die eksamen-stres te veel raak?

Daar is ’n goeie rede daarvoor én maniere waarop jy stres op ’n gesonder manier kan hanteer.

 

Waarom laat kos jou soms beter voel as jy stres?

Elise Barron, ’n geregistreerde dieetkundige van Johannesburg, sê emosionele eters gebruik kos om hulle emosies baas te raak, in plaas daarvan om te eet omdat hulle honger is.

“As dit gereeld gebeur word dit ’n geleerde gedrag en kan dit jou gewig en gesondheid affekteer,” sê sy.

 

Barron sê sekere kossoorte het die vermoë om jou serotonien-vlakke op te stoot en jou beter te laat voel wanneer jy af is. “Daar is navorsing wat bewys dat stres ’n respons om te eet in mense wek, maar daar is nog nie sekerheid oor presies hoe hierdie fisiologiese meganismes werk nie.”

 

Hoe algemeen is die probleem onder tieners?

“Dit is algemeen onder alle ouderdomme, maar ons sien dat dit nou jonger en jonger gebeur,” sê Barron. Sy meen die probleem is dat hierdie eetpatrone op ’n jong ouderdom al geleer word wanneer kos op die verkeerde manier gebruik word. ’n Kind wat byvoorbeeld met lekkers beloon word vir ’n prestasie, sal dan as ’n volwassene steeds homself of haarself met ongesonde kos beloon. “Dit is nie maklik om hierdie patrone af te leer as jy eers ’n emosionele eter is nie.”

 

Daar is ’n ander uitweg

Baroon sê dat mense nie sommer die konneksie kan maak tussen gevoelens en kos nie, maar dat jy stappe kan begin neem om jou gedrag te verander wanneer jy dit eers verstaan. “Wanneer jy agterkom dat jy eet om emosionele redes en besef wat jou laat stres, kan jy van stresbeheertegnieke gebruik begin maak.”

 

Doen die volgende indien jy jou stres weg-eet:

 

Oefen gereeld

Doen iets lekker soos joga, pilates of dans-oefeninge.

Lag

Kyk ’n snaakse fliek, of omring jouself met positiewe mense.

Eet ’n gebalanseerde, lae GI-dieet

’n Lae-GI dieët sal help om jou serotonienvlakke te reguleer.

Praat met jou ouers of vriende oor jou probleem of nader ? professionele persoon (sielkundige of dieëtkundige) wat jou kan help om beter keuses te maak wanneer jy spanning ervaar. 

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur