Fokofpolisiekar
Dubbel versamel album om 10 jaar te vier.
Fokofpolisiekar is volgende jaar 10 jaar oud. Om hierdie mylpaal te vier is hulle tans besig met hulle “10 jaar” – toer, en daarmee saam het hulle pas `n dubbel CD uitgereik met musiek en videos wat van die afgelope dekade. Die dubbel album bestaan uit FPK ondersteuners se persoonlike gunstelinge, asook al die FPK musiekvideos, insluitende materiaal wat nog nie voorheen uitgereik is nie.
Hierdie dubbel CD is die ideale geskenk vir die wat hulle FPK albums iewers langs die pad verloor her, vir jonger broers en susters van FPK se oorspronklike aanhangers en vir die aanhangers wat graag al die beskikbare video materiaal wil besit.
Die legendariese vyf-stuk Rock groep, oorspronklik van Bellville, het ‘n onvergeetbare indruk op die plaaslike musiek bedryf gemaak met hulle eerste album, As jy met vuur speel sal jy brand. Sedert 2003 het Fokofpolisiekar ‘n kontroversiële, opwindende en uiters suksesvolle loopbaan.
Nege jaar later en net ‘n paar maande weg van hul 10-jaar herdenking as een van Suid-Afrika se mees suksesvolle groepe, bied Fokofpolisiekar nog steeds daardie magnetiese krag by hulle vertonings. Die groep se vertoning by OppiKoppi Sweet/Thing het een van die grootse skares getrek by die fees.
“Later die aand het Fokofpolisiekar meer as 18 000 mense na hulle vertoning getrek. Dit was die grootse skare wat ek nog ooit vir enige groep by die fees gesien het en het al die pad op tot by die Koppi gestrek. Mense het op klippe gestaan om net ‘n stukkie van die konings van SA Rock te sien. Fokofpolisiekar en Seether het met goeie rede die grootse gehoor by die fees gehad.” – Therese Owen, Star Tonight
CD :
- Hemel op die platteland
- Maak of braak
- Vernietig jouself
- Tygerberg vliegtuig
- Fokofpolsiekar
- Tevrede?
- Angs aanval
- Tiny Town
- Die illusie van veiligheid
- Ek dink aan jou as dit reën
- Monoloog in stereo
- Brand Suid-Afrika
- Tiener Aksie Einde
- Klipgooi glashuis
- Prioritiseer
- Ek Skyn (Heilig)
- Swanesang
- Bel vir Middelvinger
- Vasbeslot Korporasie (Deel 2) (3:51)
- Tussen die krake (3:15)
- Kyk Noord (3:04)
- Antibiotika (2:54)
- Hemel op die platteland (Akoesties) (3:17)
DVD :
- Tussen Die Krake (unreleased)
- Hemel Op Die Platteland
- Tevrede?
- Hemel Op Die Platteland (Akoestiese Weergawe)
- Die Illusie Van Veiligheid
- Tiener Aksie Einde
- Brand Suid-Afika
- Ek Skyn (Heilig)
- Antibiotika
- Maak Of Braak (unauthorised)
- Tygerberg Vliegtuig (unauthorised)